Innibos

Olliebolpret

Olliebolpret

Wat is nou lekkerder as ‘n oliebol? Dis reg. Om ’n oliebol te versier. Hier kry die kleinspan die geleentheid om self hulle oliebolle mooi te maak met allerhande goedjies soos versiersuiker, blinkertjies en Smarties! En die heel lekkerste is natuurlik om na die tyd te smul aan die oliebol wat jy self versier het!

Produksie Inligting

Plek: Woelwaters op die Innibos feesterrein

Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

Woelwaters is die ideale plek waar die kleinspan kan kom speel en hulle gate uit geniet. ’n Propvol vermaakprogram met baie pretaktiwiteite word van 11:00 tot 17:00 aangebied en dit is heeltemal verniet! Toegang tot Woelwaters is gratis.

Scroll to Top