Innibos

Seun

Seun

DRAMA

Met Wilhelm van der Walt

Vir baie mans was die 1980’s ’n dekade soos al die ander – die van braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet. Vir hulle was die lewe goed. Vir baie ander was die 1980’s ’n bitter moeilike en gevaarlike tydperk: ’n tyd van ontreddering. ’n Tyd wat vrae gewek het.

In hierdie toneelstuk word Dana Snyman se ervaringe van die 1980’s uitgebeeld. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria.

Dié rou, selfonthullende memoires vra: hoe word ’n seun ’n man? ’n Seun wat nie ’n meisie se aandag kan trek nie? ‘n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie?

Hierdie is die aangrypende verhaal oor grootword tydens die doodsnikke van ’n politieke era, oor manlikheid en oor selfaanvaarding en oor hoe die liefde uiteindelik alles oorkom.

Produksie Inligting

Skrywer: Dana Snyman

Verwerking: Johann Smith

Regie: Nico Scheepers

Vervaardiger: Leftfoot Theatre Productions

Gradering: Gesin

Venue: Mbombela Stadsteater / Civic Theatre

Tydsduur: 85 min

Prys: R195

’n Innibos-produksie ondersteun deur NATi, vervaardig deur Leftfoot Theatre Productions.

Scroll to Top