Innibos

Geagte Kampeerders

KOMEDIE

Met Wynand van Vollenstee en Thiart Li

“Geagte Kampeerders, as jy moeg word vir die lewe in die stad, vat net die Willewaterspad – die bo-gemiddelde, sagte grondpad. Met ekstra groot staanplekke, welige wilgerbome en kabbelende waters. Hengelaars se paradys, behulpsame staf, ekstra-breedte supertube en mensgemaakte warmwaterbronne, met ’n uitputtende dagprogram vir oud en jonk …”

Dit was wat geadverteer was, maar as iets te goed klink om waar te wees … In hierdie splinternuwe komedie is Wynand van Vollenstee te sien as Oom Frik, opsigter, eienaar en bestuurder van die Willewaters Kampeerterrein. Elke Desember staan hy slaggereed om die groot gros Transvalers te ontvang. Maar wanneer groot tragedie die kampterrein tref en mense forseer word om moeder natuur, afblaasmatrasse, neus-in-die-lug bure, ongeskikte kinders, iemand se rondloper-hond en die snobistiese chalet-bewoners te trotseer, is die gort behoorlik gaar.

Kom lag lekker saam in hierdie histeriese komedie en beleef al die tipiese kamp-karakters wat altyd hul verskyning by enige kampterrein maak.

Produksie Inligting

Teks en regie: Wynand van Vollenstee

Gradering: Geen O/14

Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium

Tydsduur: 70 min

Prys: R195

Scroll to Top