Innibos

Ouma is op pad

Ouma is op pad

KOMEDIE

Met Margit Meyer-Rödenbeck en Conraad Rall

’n Gehoorlid skryf op 16 Aug: “Margit Meyer-Rödenbeck neem jou op ’n super humoristiese en verfrissende wyse op reis deur ’n veranderende wêreld! Jy huil soos jy lag terwyl ernstige waarhede jou lag-lag tref. UITSTEKEND!”

Dowwe Dolla se Ouma het eintlik saam met Dolla afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het NOG ’n paar dinge om kwyt te raak.

Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy ʼn formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe, maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met die dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar is baie dinge wat sy nie ken nie. En “takt” is een van hulle.

Produksie Inligting

Teks: Jurgen Human

Regie: Jurgen Human

Gradering: Geen O/14

Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium

Tydsduur: 80 min

Prys: R205

Scroll to Top