fbpx

Innibos

Moord met ’n T

KOMEDIE

Met Tobie Cronje, Ignatius van Heerden, Andre Lotter

Die popmooi winkelassistent, Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed. Bakkies het nog skaars sy laaste asem uitgeblaas of sy jaloerse vrou, Cruella, is byderhand. Die feite dui op ’n liefdesdriehoek en dis altyd ’n resep vir moord, want Cruella is net oor haar erfporsie begaan.

Die ondersoekbeampte, speurder-sersant Wihan Beyleveld, stel vas dat Bakkies vergiftig is. Hy volg die spoor na die lykshuis waar hy met die vreemde opsigter, Klaas van der Broeken, te doen kry en waar daar nuwe vrae ontstaan. Is Bakkies regtig dood en as hy nie is nie, wie is die spook wat op ’n haar na hom lyk, en wie se lyk is in die lykshuis? Maar dis nie al nie: waar pas PJ die privaatspeurder in? En hoe het die gif in Bakkies se lyf gekom? ’n Lekker-lag-komedie wat jou sal laat snak na jou asem.

Produksie Inligting

Teks: Braam van der Vyver

Regie: Lihan Pretorius

Gradering: Geen O/13

Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium

Tydsduur: 70 min

Prys: R195

Scroll to Top