
Hier’s ’n kans vir jou skool om R10,000 te wen!
Ons nooi alle skole uit om deel te neem aan ons spesiale skoolkreet-kompetisie ter viering van Kurt Darren. (Innibos vereer vanjaar hierdie kunstenaar vir sy groot bydrae tot Afrikaanse kontemporêre musiek). Dit is tyd om die gees hoog te hou en die lekkerste vibes na vore te bring!
Wat moet julle doen? Kry ’n groep, of die hele skool – onderwysers, leerders en personeel – en neem ’n video waar julle in die saal of op die pawiljoen sing en dans op HOP HOP SPINNEKOP of enige ander Kurt Darren-treffer. Hoe groter die gees, hoe beter julle kans om te wen!
Reëls en Reëlings vir die Kompetisie:
Maak seker julle video sluit die volgende in:
- Die woorde: Innibos 3 tot 6 Julie in Nelspruit. LEKKERRRRRRRRRRRR! (dit moet verkieslik verbaal oorgedra word op ’n kreatiewe manier)
- ’n Baie duidelike vertoning van almal wat deelneem – hoe meer, hoe beter!
- Die video moet in portrait formaat geneem word (met foon regop gehou)
- Stuur asseblief jou inskrywingsvorm na naranda@innibos.co.za en plaas jul video op julle sosiale media platforms.
- Collab asseblief met Innibos sodat ons kan seker maak dit is op jul skool en Innibos se blad.
- Klik hier om te sien hoe om te Collab
- Alle video’s moet voor 30 Maart op sosiale media wees, en jou inskrywing moet ook teen dié datum ingedien wees om vir die prys in aanmerking te kom.
- Ons gaan ’n publieke stem hou vanaf 30 Maart tot 7 April, waarna Innibos met ’n onafhanklike paneel die finale stem sal doen en die wenners sal aankondig.
- Wenners word op 11 April op ons sosiale media platforms en in die media aangekondig.
So, bring julle skool se grootste gees en dalk is julle die gelukkige wenners van hierdie LEKKER prys!
Dié wat Innibos al vantevore beleef het, weet dat dit ’n fees is wat telkens verras, en 2025 gaan beslis geen uitsondering wees nie.
Maak seker jy mis dit nie: Innibos vind vanaf 3 tot 6 Julie plaas. Ons is besig om ’n nuwe hoofstuk te skryf – en jy is deel van die storie!