Kom kuier by BUCO Nelspruit se stalletjie
Aangebied deur – BUCO Nelspruit
Kom kuier by BUCO Nelspruit se stalletjie in klas T3. Daar word ʼn wye verskeidenheid kunsklasse aangebied, maar ook alles wat nodig is vir die kunsvlyt-liefhebber. Produkte wat die doen-dit-self-foendi sal verstom, sal te koop aangebied word: van Tork Craft-produkte en hars (resin) tot by mica-poeiers en kruitverf. Hierdie nuwe toevoeging tot die feesterrein bied ʼn groot verskeidenheid vir die ernstige kunsvlyter en stokperdjie-verslaafde. Die produkte gaan deurlopend gedemonstreer word. Bekwame personeel gaan feesgangers met raad en daad bystaan. Bring jou beursie saam en kom koop lekker!
Produksie Inligting
Plek: Innibos Feesterrein – T3 Hoërskool Bergvlam
Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.