Tekstuurblom kunswerkswinkel
Aangebied deur Annelie Mans -The Creative Club
Doen dit self! Skep jou eie tekstuur pasta verf en maak ʼn pragtige kunswerk vir jou huis. Kom leer die maklike en goedkoop resep sodat jy vir jouself na hartelus kunswerke kan skep. Slegs 10 plekke beskikbaar. Die eerste 5 plekke wat bespreek word se toegangskaartjie na die feesterrein is ingesluit. Bespreking word met betaling bevestig.
Bespreek direk by Annelie by 082 958 3614 voor 15 Junie 2025.
Meer Inligting
Plek: Innibos Feesterrein – T3 Hoërskool Bergvlam
Prys: R450