Jak de Priester in Maanligfontein
Kontemporêr
Met Jak de Priester
Dit is die jaar 2025 en Jak de Priester vier sy 23e jaar in die Afrikaanse musiekbedryf. Dit is ook Afrikaans se 100 jaar vieringe as amptelike taal. Jak de Priester het in sy pad as sanger al ’n paar treffers geskryf … Elkeen van sy liedjies vertel die storie van ekstase, verlange en romanse. Soms komies, soms hartseer.
’n Nuwe show met al die bestanddele van ’n aand by die bioskoop. Kom vier Afrikaans se amptelike 100 jaar saam met Jak de Priester in Maanligfontein.
Produksie Inligting
Musiekregie: Jak de Priester
Gradering: Gesin
Venue: Seunskoshuissaal Nelspruit Hoërskool
Tydsduur: 90 min
Prys: R195