fbpx

Innibos

Gé Sing - Hoor my lied

Kontemporêr

Met Johan Brummer (Fatman), Arina de Witt, Louis Loock, Stephanie Baartman, Chanie Jonker, Angelo Roman, Theuns Botha

Teen die einde van September 2024 was dit 25 jaar sedert die legendariese stem van Gé Korsten, Suid-Afrika se eerste ware superster, vir altyd stil geword het. Sy lewe, loopbaan en fenomenale talent word met hierdie huldeblyk-produksie gevier. Oudiovisuele argiefmateriaal word teen ’n skerm geprojekteer om die gehoor ’n oorsig oor sy werk te gee, asook insigte in Gé Korsten as kunstenaar, mens en pa te bied.

Sy musikale nalatenskap word op ’n vars wyse deur vier van die land se voorste kunstenaars geïnterpreteer. ’n Vol orkes, onder leiding van musiekregisseur Chanie Jonker begelei die viermanskap.

Produksie Inligting

Gradering: Gesin

Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium

Tydsduur: 120 min (sluit pouse in)

Prys: R295

Scroll to Top