Innibos

Trou

Trou

Musiekteater - Komedie

Met Mel die Storieverteller en Corlea Botha

Komediant Mel die Storieverteller en sangeres Corlea Botha smelt hul talente saam om ’n onvergeetlike vertoning vol sang en stories te bring. Jy hoef nie ’n ring aan die vinger te hê om te kan gesels oor troues nie. Ons almal was al by een, of dit nou zef, styf, kitsch of rêrig rof was – troues is die broeiplek vir tradisies, nuwe liefdes en familielede se grootse skandes. Dis natuurlik die geleentheid waar ons sien of geld styl kan koop of nie. Mel deel humoristiese staaltjies vanuit haar eie trou- en wittebroodalbum en Corlea sing ’n paar bruilof-gunstelinge.

Moet asseblief net nie ’n Tant Koek se Hoenderhaan verwag nie. Verwag wel ’n paar verrassings en ’n lekker interaksie tussen die twee vroue met sterk opinies oor gastelyste, dekor en spanks.

Produksie Inligting

Musiekregie: Corlea Botha

Gradering: Gesin

Venue: Seunskoshuissaal Nelspruit Hoërskool

Tydsduur: 70 min

Prys: R195

Scroll to Top