Vlerksleep

Vlerksleep

KOMEDIE

Met Bertha le Roux-Wahl, David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen

Ons almal was seker al op ’n toe-oog afspraak en weet presies hoe aaklig dit kan wees. TVrealiteitsreekse dwing bekendes om in der waarheid op blinde afsprake te gaan en dis dit dan vir die wêreld op as “vermaak”. Peter Quilter vat raak met Vlerksleep, want hy het daarin geslaag om ’n moeilike onderwerp baie komies aan te bied. Dit is vars en skreeusnaaks en ons almal kan op ’n manier daarmee identifiseer, want ’n toe-oog-afspraak is 99% van die tyd nie baie geslaagd nie. Quilter verstaan die dilemma en met sy komiese skryftalent skep hy ’n skreeusnaakse komedie wat vir baie lekker lag in die teater gaan sorg. In Afrikaans vertaal deur Frans Swart.

Produksie Inligting

Skrywer: Peter Quilter, vertaal deur Frans Swart

Regie: Frans Swart

Gradering: Geen Gesin

Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium

Tydsduur: 98 min

Prys: R195

Similar Posts

  • Marion Monroe

    Marion Monroe KOMEDIE Met Marion Holm “What’s in a name? That which we call a rose by any other name would smell just as sweet.” Aldus Shakespeare. So is Marion Holm steeds Marion Holm al noem mense haar Nicole Holm? Bly Marion ’n vrou al noem mense haar meneer? Wat maak Marion Marion? Wat maak…

  • Seun

    Seun DRAMA Met Wilhelm van der Walt Vir baie mans was die 1980’s ’n dekade soos al die ander – die van braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet. Vir hulle was die lewe goed. Vir baie ander was die 1980’s ’n bitter moeilike en gevaarlike tydperk: ’n tyd van ontreddering. ’n Tyd wat vrae gewek het….

  • Geagte Kampeerders

    Geagte Kampeerders KOMEDIE Met Wynand van Vollenstee en Thiart Li “Geagte Kampeerders, as jy moeg word vir die lewe in die stad, vat net die Willewaterspad – die bo-gemiddelde, sagte grondpad. Met ekstra groot staanplekke, welige wilgerbome en kabbelende waters. Hengelaars se paradys, behulpsame staf, ekstra-breedte supertube en mensgemaakte warmwaterbronne, met ’n uitputtende dagprogram vir…

  • Moord met ’n T

    Moord met ’n T KOMEDIE Met Tobie Cronje, Ignatius van Heerden, Andre Lotter Die popmooi winkelassistent, Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed. Bakkies het nog skaars sy laaste asem uitgeblaas of sy jaloerse vrou, Cruella, is byderhand. Die feite dui op ’n liefdesdriehoek en dis altyd ’n resep vir moord,…