ATKV- Storievuur
ATKV- Storievuur Met Ricus Nel, Jak de Priester, Boet Pretorius en Innibos feesbestuurder, Andy Lubbe Kom luister na onvertelde staaltjies wat destyds agter die musiekgordyn gebeur het soos onthou deur die legendariese musiekmaker en vervaardiger Boet Pretorius en Andy Lubbe, Innibos feesbestuurder. Die bekende Ricus Nel, self ’n storieverteller van formaat, gaan staaltjies uit sy era vertel. Jak de Priester is die onderhoudvoerder wat lekker met die manne gaan gesels. Die vertellings is nie net interessant en insiggewend nie, maar gaan jou ook laat kraai van die lag. Natuurlik gaan daar ook tussendeur musiek gemaak word. GENOT gespel in hoofletters. Moenie dié eenmalige ATKV-Storievuur-produksie by die Boma-kuierteater misloop nie. Produksie Inligting Plek: Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie. Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein bied stukkies teater uit die boonste rakke aan. Hier word feesgangers kuier-kuier aan teater en ander kunsvorme blootgestel. Kom geniet kort eenmanvertonings, toneelproduksies en interessante onderhoude. Alle vertonings by die Laevelder Boma-kuierteater is gratis (ingesluit by die hektoegang).