Geagte Kampeerders

Geagte Kampeerders

KOMEDIE

Met Wynand van Vollenstee en Thiart Li

“Geagte Kampeerders, as jy moeg word vir die lewe in die stad, vat net die Willewaterspad – die bo-gemiddelde, sagte grondpad. Met ekstra groot staanplekke, welige wilgerbome en kabbelende waters. Hengelaars se paradys, behulpsame staf, ekstra-breedte supertube en mensgemaakte warmwaterbronne, met ’n uitputtende dagprogram vir oud en jonk …”

Dit was wat geadverteer was, maar as iets te goed klink om waar te wees … In hierdie splinternuwe komedie is Wynand van Vollenstee te sien as Oom Frik, opsigter, eienaar en bestuurder van die Willewaters Kampeerterrein. Elke Desember staan hy slaggereed om die groot gros Transvalers te ontvang. Maar wanneer groot tragedie die kampterrein tref en mense forseer word om moeder natuur, afblaasmatrasse, neus-in-die-lug bure, ongeskikte kinders, iemand se rondloper-hond en die snobistiese chalet-bewoners te trotseer, is die gort behoorlik gaar.

Kom lag lekker saam in hierdie histeriese komedie en beleef al die tipiese kamp-karakters wat altyd hul verskyning by enige kampterrein maak.

Produksie Inligting

Teks en regie: Wynand van Vollenstee

Gradering: Geen O/14

Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium

Tydsduur: 70 min

Prys: R195

Similar Posts

  • Moord met ’n T

    Moord met ’n T KOMEDIE Met Tobie Cronje, Ignatius van Heerden, Andre Lotter Die popmooi winkelassistent, Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed. Bakkies het nog skaars sy laaste asem uitgeblaas of sy jaloerse vrou, Cruella, is byderhand. Die feite dui op ’n liefdesdriehoek en dis altyd ’n resep vir moord,…

  • Internet Sensasie

    Internet Sensasie Met Mel die Storieverteller. Mel die Storieverteller is ’n komediant en katliefhebber, maar op ons fone is sy ’n internet sensasie. In hierdie vertoning verklap sy wat sy regtig dink van hierdie elektroniese oerwoud vol honger leeus, ywerige flaminke en ontaktvolle (sw)ape. Gehoorlede kan interessante stories, danspassies en ‘n lied of twee verwag….

  • Marion Monroe

    Marion Monroe KOMEDIE Met Marion Holm “What’s in a name? That which we call a rose by any other name would smell just as sweet.” Aldus Shakespeare. So is Marion Holm steeds Marion Holm al noem mense haar Nicole Holm? Bly Marion ’n vrou al noem mense haar meneer? Wat maak Marion Marion? Wat maak…

  • Seun

    Seun DRAMA Met Wilhelm van der Walt Vir baie mans was die 1980’s ’n dekade soos al die ander – die van braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet. Vir hulle was die lewe goed. Vir baie ander was die 1980’s ’n bitter moeilike en gevaarlike tydperk: ’n tyd van ontreddering. ’n Tyd wat vrae gewek het….

  • Speelgoed van Glas

    Speelgoed van Glas DRAMA Met Anna-Mart van der Merwe, Carla Smith, Ben Albertyn, Mark Elderkin ’n Nuwe vertaling en verwerking van Tennessee Williams se tydlose meesterstuk The Glass Menagerie. Hierdie drama ontknoop die fyn web van liefde en verlies, gespin deur ’n matriarg om haar gesin tot elke prys bymekaar te hou – en hoe…