Opera - Tango
Klassiek / Opera
Met Zanne Stapelberg (sopraan), Albie van Schalkwyk (klavier) en die Nocoré Ensemble.
Die produksie word ingelei deur die klokhelder stemme van die Nocoré Ensemble, waarna die uitvoering voortgesit word deur twee van Suid-Afrika se mees gevierde kunstenaars, Zanne Stapelberg en Albie van Schalkwyk. Opera-Tango is ’n elegante vermenging van klank en emosie. Met Zanne se ryk, besonderse stem en die uitmuntende begeleiding van Albie op die klavier, word die gehoor meegesleur deur die mees ikoniese opera-arias en vurige Spaanse Zarzuela-arias. Zanne is bekend vir haar sielvolle en passievolle vertolkings. In arias soos Lascia ch’io Pianga en Come Scoglio word die emosionele intensiteit van elke noot en elke woord oorgedra. Albie se klavierspel is terselfdertyd delikaat en kragtig – ’n getuienis van sy merkwaardige kunstenaarskap. Die konsert bereik ’n hoogtepunt met die die Milonga uit Astor Piazzolla se tango-opera Maria de Buenos Aires. Opera-Tango is ’n magiese musikale reis gevul met die diepe skoonheid van klassieke musiek.
Produksie Inligting
Musiekregie: Albie van Schalkwyk en Zanne Stapelberg
Gradering: Gesin
Venue: Mbombela Stadsteater / Civic Centre
Tydsduur: 75 min
Prys: R195