Keramiek-werkswinkel: Maak jou eie bak of uitpakbord
Aangebied deur – Zelmari van Schalkwyk van Kriate Ceramics & Experiences
Kom sluit by ons aan vir ’n keramiek-werkswinkel waar jy jou eie unieke bak of item kan maak met die gebruik van ʼn verskeidenheid vorms. Jy kan een glasuurkleur kies en ons sal die stuk vir jou voltooi en in die oond bak. Vir feesgangers van elders is daar ʼn koerier-aflewering beskikbaar teen R100. Slegs 10 plekke beskikbaar. Die eerste 5 plekke wat bespreek word se toegangskaartjie na die feesterrein is ingesluit. Bespreking word met betaling bevestig.
Bespreek direk by Zelmari by 073 138 7387 voor 15 Junie 2025.
Produksie Inligting
Plek: Innibos Feesterrein – T3 Hoërskool Bergvlam
Prys: R500