Hamerblomme-werkswinkel vir beginners
Aangebied deur Annelie Mans -The Creative Club
Om blomme met ‘n te hamer te slaan, is ʼn Japannese tegniek (Tatakizome) waardeur patrone op papier of materiaal geskep word deur vars blomme met ʼn hammer te slaan. Die papier en materiaal word vooraf met spesifieke chemikalieë behandel wat die langdurigheid van die patrone verseker. Die tegniek gaan op ʼn groot verskeidenheid materiale beoefen word: van papier tot egte linne en katoen. Elke persoon neem ten minste 7 stukke kuns huis toe. Slegs 10 plekke beskikbaar. Die eerste 5 plekke wat bespreek word se toegangskaartjie na die feesterrein is ingesluit. Bespreking word met betaling bevestig.
Bespreek direk by Annelie by 082 958 3614 voor 15 Junie 2025.
Meer Inligting
Plek: Innibos Feesterrein – T3 Hoërskool Bergvlam
Prys: R400