Wian van den Berg – Sosiale media ster en magician!

Wian van den Berg - Sosiale media ster en magician!

Met Wian van den Berg.

Wian is ’n sosiale media-ster met die grootste getal volgelinge in die land: ’n hele 25 miljoen! Met sy magic tricks en illusies gaan hy jou asem wegslaan en in verwondering laat. Hy het al vermaak verskaf aan groot name soos Ernie Els, die Springbokke, Formula 1 drywer Estaban Ocon en Mr. Beast het selfs op een van sy video’s gereageer.

En vanjaar is hy by Innibos om sy kulkunsies spesiaal vir jou te kom doen.

Produksie Inligting

Plek: Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein

Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein bied stukkies teater uit die boonste rakke aan. Hier word feesgangers kuier-kuier aan teater en ander kunsvorme blootgestel. Kom geniet kort eenmanvertonings, toneelproduksies en interessante onderhoude. Alle vertonings by die Laevelder Boma-kuierteater is gratis (ingesluit by die hektoegang).

Similar Posts

  • Ek vra ook maar net?

    Ek vra ook maar net? Met Wynand van Vollenstee. Hoekom is daar veiligheidgordels in vliegtuie? Wie het gedink dieretuine is ’n goeie idee? As die spoedgrens 120 km/h is, hoekom kan my kar 180 km/h ry? Wie is die “hulle” wat almal altyd van praat? Waarvan word “100% recycled toilet paper” gemaak? In hierdie satiriese…

  • RSG-Lekkertes

    RSG-Lekkertes RSG saai vanjaar van die Innibos Feesterrein by Hoërskool Bergvlam uit. Kom luister en gesels saam met Eloise Cupido Donderdag en Vrydag tussen 10:00 en 11:30 by die ATKV-Boeke-oase en kom maak Willem Pelser se Spitstyd tussen 15:00 en 17:00 mee. Saterdag is daar ’n spesiale RSG-Leefstyl uitsending van 10:00 tot 12:00 met Sue…

  • |

    ATKV- Storievuur

    ATKV- Storievuur Met Ricus Nel, Jak de Priester, Boet Pretorius en Innibos feesbestuurder, Andy Lubbe Kom luister na onvertelde staaltjies wat destyds agter die musiekgordyn gebeur het soos onthou deur die legendariese musiekmaker en vervaardiger Boet Pretorius en Andy Lubbe, Innibos feesbestuurder. Die bekende Ricus Nel, self ’n storieverteller van formaat, gaan staaltjies uit sy…

  • Poetry Slam

    Poetry Slam Sat 5 Jul 15:00 – 19:00 Words in my Mouth is a poetry platform in Mbombela with the aim to promote arts in general in the city, as well as giving up and coming poets the opportunity to perform. In the first session the poets’ duets will take place where poems will be…