Vrydag Feesterrein en JacarandaFM Konsert
Hierdie kaartjie verleen toegang tot die feesterrein vir die hele dag Vrydag 4de Julie 2025. Dit sluit alle vermaak op die feesterrein in, sowel as toegang tot die stalletjies. Die JacarandaFM-konsert vanaf 18h00 op die Innibos Hoofverhoog is dus ook ingesluit.
Kinders tot en met 12 jaar (onder 13) betaal nie feesterreintoegang nie, maar kinders ouer as 2 benodig wel ‘n kaartjie vir die Kuiertafels of Bespreekte Stoele.
Senior burgers van 60 jaar en ouer kan slegs op die spesifieke dag by Hek 1 die pensioenariskaartjies koop (ID word benodig). Daar is nie ‘n weekkaartjie vir pensioenarisse nie.
Lys van kunstenaars:
Bernice West, Bok van Blerk, Danny Smoke, Die Heuwels Fantasties, Ruan du Toit, Robbie Wessels, Martin Bester.
Geen Ouderdomsbeperking