Saterdag Feesterrein en Kyknet Konsert
Hierdie kaartjie verleen toegang tot die feesterrein vir die hele dag Saterdag 5de Julie 2025. Dit sluit alle vermaak op die feesterrein in, sowel as toegang tot die stalletjies. Die kykNET -konsert vanaf 18h00 op die Innibos Hoofverhoog is dus ook ingesluit.
Kinders tot en met 12 jaar (onder 13) betaal nie feesterreintoegang nie, maar kinders ouer as 2 benodig wel ‘n kaartjie vir die Kuiertafels of Bespreekte Stoele.
Senior burgers van 60 jaar en ouer kan slegs op die spesifieke dag by Hek 1 die pensioenariskaartjies koop (ID word benodig). Daar is nie ‘n weekkaartjie vir pensioenarisse nie.
Lys van kunstenaars:
Corlea Botha, Demi Lee Moore, Nádine, Die Piesangskille, Early B, Elvis Blue, Jo Black, Kurt Darren, Refentse, Ricus Nel, Snotkop, Van Pletzen en Zaan Sonnekus.
Geen Ouderdomsbeperking