Marion Monroe
KOMEDIE
Met Marion Holm
“What’s in a name? That which we call a rose by any other name would smell just as sweet.” Aldus Shakespeare. So is Marion Holm steeds Marion Holm al noem mense haar Nicole Holm? Bly Marion ’n vrou al noem mense haar meneer? Wat maak Marion Marion? Wat maak jou jy? Kom kry die antwoorde in hierdie raak-tref-produksie.
Holm vertel weer stories met haar tipiese Holm-eerlikheid en -heerlikheid om haar punt oor te dra. WAARSKUWING: Dit is nie ’n tragedie nie, net ’n komedie!
Produksie Inligting
Teks: Marion Holm en Chris Vorster
Regie: Chris Vorster
Gradering: Geen O/12
Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium
Tydsduur: 75 min
Prys: R195