Innibos

Jou slimste (en GRATIS!) rit na Innibos!

Wil jy minder sukkel en meer jol? Ons sorg daarvoor! Stop-en-Hop is terug om jou moeiteloos, vinnig en verniet tussen I’langa Mall en die feesterrein te kry – sonder parkeerprobleme, stres of ‘n GPS wat jou in sirkels stuur!

Hoe werk dit?

  • Parkeer verniet by I’langa Mall – what a bargain!
  • Spring op ‘n bus – elke 30 minute ry ons jou reguit fees toe of terug na die mall toe – moeiteloos en sonder stres.
  • Na die Hoofverhoog-konserte? BAIE busse wag – want niemand hou van wag nie!
  • Volg die duidelike aanwysings by I’langa Mall en die feesterrein en BOEM – jy’s uitgesorteer.

Dis nou lekker – los die stres, los die kar, en spring op die Stop-en-Hop!

Scroll to Top