fbpx

Innibos

Span slaan nuwe blaadjie om

Dieselfde lekker feesresep - net nóg lekkerder!

Daar is groot opgewondenheid hier by Innibos, want ons beplan  sommer  heelwat opwindende veranderinge en nuwighede vir vanjaar se fees! 

Met ons gedugte span aan stuur van sake, Andy Lubbe, Sandra Jacobs, Philna Scholtz, Adelene Niehaus, Pippa Botha, Alison Linde, en ons jongste nuwe lid, Naranda Leeuwner, werk ons hard daaraan om te verseker  dat vanjaar se Innibos jou voete onder jou gaan uitslaan!

Innibos was nog altyd meer as net ’n musiekfees – dit is ‘n ervaring, ’n bymekaarkomplek van mense met ’n liefde vir musiek,  kos, kuns, lees, toneel en die onmiskenbare samesyn wat die fees so uniek maak. Met ’n splinternuwe uitleg vir die stalletjie-area en verhoogruimtes, ’n meer interaktiewe hoofverhoog met meer kuiertafels, veldlosies en bespreekte stoele tot teenaan die aksie, en opwindende aanbiedings regoor die feesterrein, is hierdie Innibos soos jy dit nog nooit beleef het nie. Voeg hierby van die land se top kunstenaars, en jy kan seker wees: daar wag lekkerness in oortreffende trap vir jou.

Dié wat Innibos al vantevore beleef het, weet dat dit ’n fees is wat telkens verras, en 2025 gaan beslis geen uitsondering wees nie. 

Die fees vind vanaf 3 tot 6 Julie in Nelspruit plaas. Tjirp-lede kan reeds op 26 Februarie kaartjies vir die feesdterrein, kuiertafels en bespreekte sitplekke koop. As jy nog nie ’n Tjirper is njie, klik hier om nou in te teken en al die Innibos nuus eerste te ontvang.

Scroll to Top