Marinda Engelbrecht - Maklik met Marinda uitgegee deur NB Uitgewers
Gesprekleier: Sanett Oosthuizen
Maklik met Marinda bevat nostalgiese huiskos, sonder fieterjasies of vreemde bestanddele wat jy in ’n japtrap kan berei. Al die immergroen gunstelinge vir skaap- en beesvleis, hoender, vis, vark, brood, rys, randrekkerpastas, sappige bykosse, soettandgenot en gebottelde slaaie, souse en konfyte is daar. Die staatmakerresepte is in doodeenvoudige stappe vir elke kosliefhebber, vir elke dag se gebruik.
Marinda is ’n voorslag in die kombuis en hou nie van vaal kos nie, selfs afval moet met ’n bietjie kleur voorgesit word. Sy was die aanbieder van die gewilde kosprogramme Maklik met Marinda en Laat die potte prut op VIA, DStv-kanaal 147. Dit is haar vierde kookboek dié.
Produksie Inligting
Plek: Die ATKV-Boeke-oase
Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.
Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister.
Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken!
Exclusive Books-Boektafel
Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.