fbpx

Innibos

Woelwaters

SPAR Woelwaters

SPAR Woelwaters is die ideale plek waar die kleinspan kan kom speel en hulle gate uit geniet. ’n Propvol vermaakprogram met baie pretaktiwiteite word van 11:00 tot 17:00 aangebied en dit is heeltemal verniet! SPAR kolwyntjiepret Tye waarop kolwyntjies versier gaan word: Do 29 Jun 14:00, Vr 30 Jun 14:00, Sa 1 Jul 14:00 SPAR borg nie net daagliks die heerlike worsbroodjies wat die kleinspan by Woelwaters kan geniet nie, hulle gaan ook die kinders leer hoe om kolwyntjies te versier. Kom maak self jou kolwyntjie mooi met allerhande lekker goedjies soos versiersuiker, blinkertjies en Smarties! Met die komplimente van Spar gaan die kinders heerlik bederf en vermaak word. Woelwaters word geborg deur SPAR. Baie dankie vir hierdie ruim borgskap om die kleinspan so lekker te bederf!    

SPAR Woelwaters Read More »

Felias en Pokkel

Felias en Pokkel – Die tandemuis kry ʼn blaaskans Met Jakkie Louw en die stemme van Richard Van der Westhuizen, Lizz Meiring en Hannes Brümmer Optreetye: Do 29 Jun 12:00, Vr 30 Jun 15:00, Sa 1 Jul 12:00 Hierdie musiekblyspel poppekas is deel van ’n reeks Jaco Jacobs boeke met die naam Felias en Pokkel. Die verhaal is geskep deur Jakkie Louw. Die storie van die tandemuis word met musiek en komedie aan die kinders vertel met die hulp van 8 karakters. Jakkie Louw speel die rol van die boer. Sy stem is ook die van die twee muis-karakters, Felias en Pokkel. Die kuns van poppekas is al dekades lank deel van ons kultuur en Jakkie bring dit in styl terug. Moenie dit misloop nie. Jy sal dalk net met ander oë na daardie wisseltandjie in jou mond kyk. Woelwaters geborg deur SPAR:

Felias en Pokkel Read More »

Tjominis – Die sing & spring show

Tjominis – Die sing & spring show Met “Tannie Tjommie” (sangeres Sorina) en haar kreatiewe karaktertjies Cheeka-Cheeka – die lewenslustige liefie luiperd Bushaka – die flambojante vlakvark Krokkija – die koddige krokodil karnallie Apertjoe – die avontuurlustige asjas apie Optreetye: Do 29 Jun 15:00, Vr 30 Jun 12:00, Sa 1 Jul 15:00 Die Tjominis bied kleinspan-kaskenade-konserte aan wat kaalvoet karnallies en woelige woelwaters laat spring, klim en bollemakiesie slaan terwyl hulle sing-sing speel en leer. Die Tjominis kom hou hierdie vertonings spesiaal vir elke besige boetie en klein prinsessie. Kom sing saam oor goeie gewoontes en gevaarlike goeters. Kom dans in Afrikaans op die ritme van ʼn reënboog se kleure. Kom luister en probeer om jou “kwaai lawaai” emosies te beheer. Kom tel hoeveel vingertjies jy kan sien, self in tye van vlak tien “loadshedding”. Die Tjominis is spesiaal geskep deur die bekende kunstenaar Sorina vir haar eie kaalvoetkinders sowel as vir elke ander maatjie om saam te leer op ʼn lekker lawwe manier propvol pret, plesier en hope avontuur. Die Tjominis is energiek, Afrikaans en opvoedkundig. Besoek gerus die Tjominis webwerf om te sien wat hulle alles vir die kleinspan bied. Begin solank luister na die lekker liedjies op ons gratis Tjominis App op Google Play sodat julle reg is vir al die sing en spring by Innibos. Woelwaters geborg deur SPAR:

Tjominis – Die sing & spring show Read More »

ATKV Storietyd met Marlene en Wendy

ATKV Storietyd Met Marlene du Toit en Wendy Byneveldt Storietyd: Do 29 Jun 11:00, Vr 30 Jun 11:00, Sa 1 Jul 11:00 Die kleinspan is mos gek na stories! En deur na stories te luister, leer hulle taal- en luistervaardighede aan en natuurlik om hulle verbeelding in te span. Kom klim saam met tannie Marlene en Wendy in die wonderwêreld van boeke. Op hulle besondere manier gaan hulle stories so voorlees dat die karaktertjies sommer lewend word. Storietyd word deur die ATKV geborg en beloof ʼn besondere ervaring vir die kleinspan te wees.  KINDER-OPPASDIENS OP DIE FEESTERREIN Die ATKV Laeveld-tak bestuur Woelwaters se aktiwiteite en ouers kan hul kinders met ’n geruste hart hier in die bekwame hande van oom Louis en sy knap span laat. Kleintjies moet in- en uitgeteken word, maar die groter kinders is welkom om te kom en gaan soos hulle wil. ’n Kinder-oppasdiens is ook daagliks beskikbaar. Ouers wat graag ’n produksie wil bywoon of net in vrede tussen die stalletjies wil gaan stap, kan gerus van hierdie diens gebruik maak. Vir die kleinspan wat ingeteken is, is daar tydens middagete heerlike eetgoed beskikbaar – moontlik gemaak deur die naamborg, SPAR! Storietyd geborg deur die ATKV  

ATKV Storietyd met Marlene en Wendy Read More »

Kom speel saam!

Kom speel saam! Tye om te kom saamspeel: Do 29 Jun 13:00 en 16:00, Vr 30 Jun 13:00 en 16:00, Sa 1 Jul 13:00 en 16:00 Oom Louis en sy span gaan die kleinspan met interessante speletjies vermaak en leer weer hoe om te speel. Dan is daar ook vir die waaghalsiges tyd om Fun Galore se klimrame te beproef en hulle duursame speelgoed uit te toets. Gesonde liggaamlike aktiwiteite om die kinders mee besig te hou. Fun Galore by Woelwaters! Fun Galore is weer by Woelwaters! Die kleinspan gaan tussen vertonings tyd kry om op hierdie fantastiese duursame speelgoed pret te hê. Ouers kan gerus kom kyk na hierdie interessante, veelsydige speelgoed wat die kinders heeldag aktief sal hou. Hierdie besondere speelgoed word by Woelwaters uitgestal en sal ook te koop aangebied word.  

Kom speel saam! Read More »

Scroll to Top