Innibos

Elize Parker - Waar doringbome sing uitgegee deur Penguin

Gesprekleier: Annemarie van der Walt.

Die Van der Walt niggies is elkeen vasgevang in hul eie uitdagings na onlangse gebeure … Lenore worstel met verlies en haar beproewinge oor die afgelope tyd het haar vrese oor verlating verder verdiep. Bella, wat jonk al wees gelaat is, begeer ’n familie van haar eie en jaag die ideaal van ’n familie na, maar miskien is daar tog ’n kring liefde vir haar bedoel al lyk dit anders as haar verwagtinge. Tarien se fokus is só onwrikbaar gevestig op haar geestelike toewyding dat sy nie besef haar sendelingbestaan het ’n selfopgelegde prys geëis nie. Miskien lê die antwoorde op haar grootwordplaas …

Produksie Inligting

Plek: Die ATKV-Boeke-oase

Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

Die ATKV-Boeke-oase is dié plek om te ontspan en kos vir die siel te kry! Hier kan jy heeldag rustig saam gesels, kuier, koop en luister.

Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis, luister na wat hulle inspireer en laat jou boek teken!

Exclusive Books-Boektafel

Na die gesprekke met die onderskeie skrywers, sal hulle boeke te koop aangebied word. Die Exclusive Books-stalletjie is reg langs die ATKV-Boeke-oase, waar daar ‘n groot verskeidenheid boeke te koop aangebied word.

Scroll to Top