Innibos

Speelgoed van Glas

Speelgoed van Glas

DRAMA

Met Anna-Mart van der Merwe, Carla Smith, Ben Albertyn, Mark Elderkin

’n Nuwe vertaling en verwerking van Tennessee Williams se tydlose meesterstuk The Glass Menagerie. Hierdie drama ontknoop die fyn web van liefde en verlies, gespin deur ’n matriarg om haar gesin tot elke prys bymekaar te hou – en hoe graag elkeen van hulle wil ontsnap. Speelgoed van glas is ’n boeiende, hartroerende uitmekaarskeurverhaal, ’n meesleurende verkenning van broosheid, verlange en die feilbaarheid van familie. Bekroon met die Woordtrofee as beste toneelstuk, beste regie, beste vroulike byspeler (Smith) en beste manlike byspeler (Elderkin) by die Toyota Stellenbosch Woordfees 2024. Uitverkoop by Woordfees en KKNK. ’n Moet-sien-produksie!

Produksie Inligting

Teks: Tennessee Williams

Vertaler, regie en ontwerp: Nico Scheepers

Verhoogbestuur: Nell van der Merwe

Gradering: Geen O/14

Venue: Mbombela Stadsteater / Civic Theatre

Tydsduur: 110 min

Prys: R195

’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie, ondersteun deur NATi en die Baxter-teater

Scroll to Top