Innibos

Die Wingerd Kuiertuin

Die Wingerd Kuiertuin is ʼn splinternuwe kuierarea op die feesterrein by Hoërskool Bergvlam. Dit is tussen die pragtige bome naby die administratiewe blok geleë. Feesgangers sal wyn van verskillende landgoedere kan proe (en koop). Daar sal ook deli-stalletjies wees met proe-kos om die palet te prikkel. RSG gaan daagliks hiervandaan uitsaai en die bekende skrywer Jacques Pauw gaan Vrydag, 14:30 oor sy veelbesproke boeke kom gesels. Die Mopani-verhoog se program is volgepak met bekende sangers wat deurentyd gaan sorg vir musiek.

Jacques Pauw

Die verhoog by Die Wingerd word met trots geborg deur Mopani Apteek.

Scroll to Top