Willie wil wheelie
Met Wynand van Vollenstee
Datum en tyd: Do 29 Jun 13:00; Vr 30 Jun 15:00; Sa 1 Jul 16:00
Willie Reyneke het sy lewe lank net twee drome gehad. Die eerste was om as onderwyser ʼn verskil in jongmense se lewens te maak. Maar na ʼn paar jaar in die onderwys is hy gatvol vir ongeskikte kinders en onmoontlike ouers en wil hy sy tweede droom nastreef. Hy wil ʼn biker wees. ʼn Regte egte biker, met leathers en sidesaddles en ʼn pispot op sy kop en rallies en als. Daar is egter ʼn probleem. Hy besit nog nie ʼn bike nie en hy sal eers moet lid word van Boksburg Brekers Bikers-klub. Die wiele van sy droom begin afval wanneer hy verlief raak op die voorsitter van die einste klub. Kom deel in Willie se skreeusnaakse reistog en ontmoet al die eksentrieke karakters wat hy langs die pad teëkom. Hierdie is oorspronklike en verrassende vermaak vir almal wat al ooit gedroom het oor groot, nuwe avonture.