Toneel: Drama
Naam van produksie: Wat As
Met Francois Jacobs, Adriaan van As en Simone Pretorius
Teks: Kanya Viljoen
Regie: André Odendaal
Gradering: Geen o/14 (Taal)
Tydsduur: 80 min
Datum en tyd: Wo 16 Des 18:00; Do 17 Des 10:00; Vr 18 Des 15:00; Sa 19 Des 09:00
Venue: Nelspruit Laerskool
Prys: R152
Debuut
Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos.
Drie skoolvriende oorleef ’n tragiese motorongeluk waarin van hul skoolvriende dood is. Nou, 16 jaar later, ontmoet die drie mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van wat daardie nag gebeur het. Soos hulle ou koeie uit die sloot grawe, kom geheime op die lappe en word skokkende onthullings gemaak. Is daar rus en vrede te vind op die bodem van die glas en skuldige gewetes? ’n Kragtoer die verlede in wat jou aan die hart sal raak.