Die voormalige poniekoerant joernalis, Yolanda Barnard-Lemmer, betree dié jaar Innibos se sosiale media-ruimte as die TikTok-feesvlooi.
“Ek is nog van die ouer garde; ’n joernalis wat met notaboek en pen berig. Sosiale media (veral TikTok) is vir my steeds ’n vreemde verskynsels, maar ons almal moet by nuwe tegnologie aanpas,” sê sy. “Toe Innibos my nader om dié jaar my debuut as feesvlooi te maak het ek eers gedog dat ek heeltemal te oud is, maar ek het besef ’n mens is nooit te oud om iets nuuts aan te pak nie, al is daar ’n paar plooie om die oë.”
Yolanda stap al ’n lang pad saam met die Innibos-span: As Son and Sondag-joernalis het sy vir langer as ’n dekade oor die Innibos-sterre se skandes, skades en sondes berig (soms tot die bestuur, akteurs, sangers, en produksiespanne se misnoeë en ander kere tot hul vreugde). As Rapport-joernalis het sy oor die meer ernstige Innibos-sake berig, maar hoe ook al gesy sy het nog altyd ’n sagte plek vir die fees gehad.
“Ek beoog om die feesgangers op hoogte te hou van al die feesnuus en -gebeure. Op die spyskaart is daar ook kort onderhoude met van die feeskunstenaars en natuurlik ook
lekker vermaaknuus.“
Die eerste TikTok behoort aan die begin van April op jou TikTok-voer te verskyn.
Volg Innibos op Facebook en TikTok @flees_vlooi #feesvlooi.