Innibos 2020 gekanselleer

Weens die voortslepende onsekerheid van die Covid-19-ramptoestand en die invloed daarvan op groot openbare byeenkomste, is Innibos 2020 gekanselleer.


Dit is ’n hartseer maar realistiese besluit. Innibos was slaggereed om ondanks talle uitdagings die kunstefees te hou. Die risiko blyk eindelik net té groot te wees, en die onsekerheid kan nie onbepaald voortduur nie.


Feesgangers wat reeds toegangskaartjies gekoop het, kan om ’n terugbetaling vra by Computicket tot en met 30 November 2020.


Lees die volle mediaverklaring hier.

Hierdie webwerf word tans opgedateer. Ons is binnekort terug met vars nuus oor Innibos 2021