Toneel: Tragi-komedie
Naam van produksie: Van die rak af
Met Lizz Meiring
Teks en Regie: Lizz Meiring
Klank en beligting: Jak J Brits
Verhoog- en produksiebestuur: Yvette Hanekom
Produksiehuis: Artist Warehouse
Kostuums: Hollywood Costumes – Heidi Bothma du Toit
Agterdoek ontwerp: Fanus van Deventer
Fotografie: Maryna Cotton
Kunswerke: (Beelde) Veronika Olivier Art
Gradering: Geen o/14 (T)
Datum en tyd: Do 29 Jun 10:00; Vr 30 Jun 16:30
Venue: Bergland Laerskool
Tydsduur: 60 minute
Prys: R180
The Human Library is ’n wêreldwye konsep wat ʼn paar jaar gelede in Skandinawië ontstaan het. Die konsep is op humanitêre beginsels gebaseer – met die doel om andere beter te verstaan. Soos die ou spreekwoord lui: Onbekend is onbemind. Oftewel – ons vrees en veroordeel diegene wie ons nie verstaan nie. Die praktiese toepassing is eenvoudig – in plaas van ʼn boek uitneem , neem jy ʼn mens uit. Die persoon (dikwels ʼn kontroversiële of gemarginaliseerde persoon) vertel jou as toehoorder – sy of haar storie. Eerlik, kaalvuis. In hierdie vertoning ontmoet ons sulke individue. Werklik, histories, fiktief, mitologies. Komies, tragies, satiries. Elkeen van dié karakters verbeeld en vertel hul unieke storie.
Maar daar is ʼn interaktiewe element. Voor die aanvang van die vertoning ontvang die gehoor ʼn stembriefie met kriptiese leidrade. Dan kies die gehoor self watter van hierdie karakters hulle wil “uitneem” vir dié spesifieke opvoering.
Die trapsitplekrye by Bergland Laerskool is met trots geborg deur Mpumalanga Scaffolding.