Innibos

Uitstallers kan nou aansoek doen vir 2024

Uitstallers met unieke produkte en kosstalletjies word uitgenooi om aansoek te doen om vanjaar deel van Innibos te wees. Die feesterrein lok jaarliks duisende besoekers en daar is geleentheid vir vervaardigers van unieke  en veral handgemaakte produkte om van hierdie geleentheid gebruik te maak. Die Bosmôl – wat jaarliks opgedollie word volgens die feestema – is waar feesgangers na hartelus kan  kyk en koop, en waar die meerderheid uitstallers gehuisves word. In die middel van die Bosmôl is die Piazza ’n gewilde bymekaarkomplek waar mens  kan ontspan en weglê aan die groot verskeidenheid lekkernye en kos, ’n glasie wyn kan drink en sommer net jou feesvoete ruskans kan gee. 

Unieke kos en lekkernye is ook welkom om aansoek te doen. Vind die aansoekvorm op die UITSTALLER-skakel op die Innibos webwerf.

Innibos Uitstallers
Scroll to Top