Heg ID hier aan.
Indien jonger as 18, voltooi onderstaande.
Opleidingsvlak/ Beroep
Poste
Ander
Heg bestuurderslisensie hier aan
Wie kan ons kontak (indien nodig) om meer van jou te vertel?
Aansoek voorwaardes
Die persoon wat aansoek doen moet 16 jaar of ouer wees. Geen aansoeke onder 16 jaar sal oorweeg word nie.
’n Afskrif van die persoon se identiteitsdokument moet die aansoek vergesel.
’n Afskrif van die persoon se bestuurderslisensie moet die aansoek vergesel waar van toepassing.
Let asb. daarop dat sommige poste vereis dat aanstellings voor die fees begin.
Indien die pos waarvoor daar aansoek gedoen word, nie beskikbaar is nie, kan jy by ʼn ander afdeling geplaas word.
Slegs persone wat vir die volle duur van die fees beskikbaar is, sal oorweeg word vir aanstellings.
Indien die aansoek nie volledig voltooi word nie, sal die aansoek nie oorweeg word nie. Maak seker dat alle kontak-inligting korrek is.
Daar word van werknemers verwag dat hulle met die doel en belange van die fees sal identifiseer, dit sal bevorder en dat daar te alle tye vriendelik en hulpvaardig teenoor kunstenaars, besoekers en gaste sal optree.
Alhoewel daar gepoog word om almal te akkommodeer, is daar geen waarborg dat jy die pos soos aangedui, sal kry nie en word indelings gedoen soos wat die behoeftes ontstaan.
Na afloop van keuring sal jy in kennis gestel word indien jou aansoek suksesvol was.
Indien jy nie verder beskikbaar is nie, stel ons asseblief per e-pos in kennis.
Vergoedings sal bespreek word na goedkeuring van die aansoek.
Geen etes word deur Innibos voorsien nie.
Daar sal van jou verwag word om ʼn diensvoorwaarde-kontrak te teken.
Betaling vir dienste gelewer sal binne 30 dae na afloop van die fees gedoen word.
Enige navrae kan per epos gestuur word na: admin@nhdt.co.za