Tony Park, Australiese skrywer wat ná sowat 25 jaar as ‘n Laevelder beskou word, het ‘n baie vermaaklike en ligte blik gegee op die skrywers-amp, en wat presies daartoe gelei het dat hy sy hart in Afrika verloor het, asook waarom hy dit verkies om, met die spanningsroman as medium, aktuele kwessies aan te spreek. Vendetta, sy nuutste boek, gebruik juis die Bosoorlog van merendeels die 1980’s, as agtergrond.