fbpx

Innibos

Tjominis – Die sing & spring show

Tjominis – Die sing & spring show

Met “Tannie Tjommie” (sangeres Sorina) en haar kreatiewe karaktertjies

Cheeka-Cheeka – die lewenslustige liefie luiperd

Bushaka – die flambojante vlakvark

Krokkija – die koddige krokodil karnallie

Apertjoe – die avontuurlustige asjas apie

Optreetye: Do 29 Jun 15:00, Vr 30 Jun 12:00, Sa 1 Jul 15:00

Die Tjominis bied kleinspan-kaskenade-konserte aan wat kaalvoet karnallies en woelige woelwaters laat spring, klim en bollemakiesie slaan terwyl hulle sing-sing speel en leer. Die Tjominis kom hou hierdie vertonings spesiaal vir elke besige boetie en klein prinsessie.

Kom sing saam oor goeie gewoontes en gevaarlike goeters. Kom dans in Afrikaans op die ritme van ʼn reënboog se kleure. Kom luister en probeer om jou “kwaai lawaai” emosies te beheer. Kom tel hoeveel vingertjies jy kan sien, self in tye van vlak tien “loadshedding”.

Die Tjominis is spesiaal geskep deur die bekende kunstenaar Sorina vir haar eie kaalvoetkinders sowel as vir elke ander maatjie om saam te leer op ʼn lekker lawwe manier propvol pret, plesier en hope avontuur.

Die Tjominis is energiek, Afrikaans en opvoedkundig. Besoek gerus die Tjominis webwerf om te sien wat hulle alles vir die kleinspan bied. Begin solank luister na die lekker liedjies op ons gratis Tjominis App op Google Play sodat julle reg is vir al die sing en spring by Innibos.

Woelwaters geborg deur SPAR:

Scroll to Top