Saterdagoggend het op ’n redelike gewigtige noot begin met die gesprek tussen Susan Booyens en joernalis en skrywer Deon Lampbrecht oor sy bydrae in die boek Diensplig – hoekom stotter ons pa’s so (saamgestel deur Anelia Heese). Die verpligte weermagdiens van destyds is ’n teer punt wat dekades later steeds uitkring, ook vir die families van destyds se dienspligtiges.