Storievuur

Storievuur

Met Fransjohan Pretorius en Louis Changuion

Datum en tyd: Vr 26 Junie 18:00

Plek: ATKV Boeke-oase

Tydsduur: 60 minute

Gradering: Gesin

Prys: R102

Wie was die beste en vrotste generaal sin die Anglo Boere-Oorlog en waarom het hulle dié reputasie?

Geskiedenisliefhebbers kan gerus nader skuif om te luister en saam te praat met die gerekende akademici en bobaas-storievertellers Fransjohan Pretorius en Louis Changuion. Hulle het net die slag om geskiedenis interessant te maak, en met ’n stewige skoot humor wat ’n mens laat besef “hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.

Kom kuier en gesels saam rondom die konkavure. Wiam Botes sorg vir die musiek.

Louis Changuoin en Fransjohan Pretorius