fbpx

Innibos

Storievuur Met Fransjohan Pretorius en Dana Snyman

Storievuur

Met Fransjohan Pretorius en Dana Snyman

Datum en tyd: Vr 30 Jun 17:00

Wanneer word die stories van doodgewone mense geskiedenis, en wat is geskiedenis anders as stories? Waar lê die skeidslyn, en kan dit wat nóú met jou gebeur dalk eendag in die geskiedenisboeke beland?

Op ’n manier raak die geskiedenis ’n ieder en ’n elk van ons, en wat is nou lekkerder om na twee bobaasvertellers te luister wanneer hulle daarop lig werp. Prof. Franshjohan Pretorius is onder meer bekend vir sy koerantrubrieke oor alles en nog wat interessant is uit die geskiedenis, en het sy doktorsgraad verwerf oor die kommandolewe in die Anglo-Boereoorlog. Dana Snyman is die reisigerskrywer en as’t ware optekenaar van stories wat as’t ware voor ons oë geskiedenis word. Albei hou ook van lekker lag, so dis g’n droë storie die nie!

Opgekikker met musiek tussen-in, beloof hierdie kuier om die Storievuur net die manier om die feesnaweek af te skop.

Scroll to Top