Innibos

SPAR Woelwaters

SPAR Woelwaters is die ideale plek waar die kleinspan kan kom speel en hulle gate uit geniet. ’n Propvol vermaakprogram met baie pretaktiwiteite word van 11:00 tot 17:00 aangebied en dit is heeltemal verniet!

SPAR kolwyntjiepret

Tye waarop kolwyntjies versier gaan word: Do 29 Jun 14:00, Vr 30 Jun 14:00, Sa 1 Jul 14:00

SPAR borg nie net daagliks die heerlike worsbroodjies wat die kleinspan by Woelwaters kan geniet nie, hulle gaan ook die kinders leer hoe om kolwyntjies te versier. Kom maak self jou kolwyntjie mooi met allerhande lekker goedjies soos versiersuiker, blinkertjies en Smarties! Met die komplimente van Spar gaan die kinders heerlik bederf en vermaak word.

Woelwaters word geborg deur SPAR. Baie dankie vir hierdie ruim borgskap om die kleinspan so lekker te bederf!

 

 

Scroll to Top