Innibos

Skilder en Wyn

Skilder en Wyn

Met Hannelie Swart en Ana van Achterbergh.

Maak jou eie skildery terwyl jy heerlik fees hou by Innibos. Jou gasvrou is Hannelie Swart, ’n kunstenaar in eie reg met ’n meestersgraad in visuele kunste. Sy is ook bekend vir haar kunsterapie-sessies en ’n kenner op dié gebied, waar die onderbewuste ontdek word vir selfverryking en selfkennis. Hierdie eiesoortige kunsmeestersklas, met ‘n lekker glasie wyn in die hand, gaan jou help om jou unieke skildery in ’n prettige en rustige atmosfeer te teken en te verf. Geen kunstalent of opleiding is nodig nie, want Hannelie gaan jou stap vir stap deur die proses neem. Sy word bygestaan deur Ana van Achterbergh.

Alle kunsmateriaal word voorsien en is ingesluit by die kaartjieprys. Aan die einde van die opwindende sessie het elke deelnemer hulle eie A3-grootte skildery. ’n Perfekte manier om Innibos 2025 te onthou.

Produksie Inligting

Gradering: Volwassenes

Venue: Fleur de Lis-restaurant @ Nelspruit Hoërskool

Tydsduur: 180 min

Prys: R750

Scroll to Top