fbpx

Innibos

Reünie

Toneel: Komedie

Naam van produksie: Reünie

Met Frank Opperman

Teks: Dana Snyman

Regie: De Klerk Oelofse

Gradering: Geen o/13 (Taal)

Datum en tyd: Do 29 Jun 18:00; Vr 30 Jun 11:00; Sa 1 Jul 15:00

Venue: Mbombela Stadsteater

Tydsduur: 70 minute

Prys: R180

Met dank aan die ondersteuning deur  NATi

Dit is dieselfde skoolsaal, maar dit is 40 jaar later vir die 1980-matriekgroep. Ja, dit is tyd vir ’n reünie, soos beleef deur Petrus Boshoff, wat as verteller optree. Deur die loop van die aand kry die klasmaats darem ook hul beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Party se bydraes is humoristies, ander ernstig en ander onthullend. Hulle word gekonfronteer met die spoke van die verlede en ʼn tragedie wat hulle 40 jaar saam beleef het. Hoe leef hulle voortaan die skoolleuse “Voorwaarts” uit?

Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer in die skep van eenmanstukke: Dana met die pen en Frank op die verhoog, onder meer met Die uwe, Pottie Potgieter, Rooikaart, Hond, Klaagliedere van dominee Tienie Benade en Donkie. Met Reünie is die sterk regisseurshand van De Klerk Oelofse bygevoeg. Verwag dieselfde fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie.

Scroll to Top