Innibos

(Phill)osofie Met Philru van Achterbergh

(Phill)osofie

Met Phillru van Achterbergh

Datum en tyd: Do 29 Jun 12:00; Vr 30 Jun 16:00; Sa 1 Jul 15:00

’n Filosoof jaag kennis, insig en fundamentele sake soos realiteit, betekenis, waarde, bestaan en waarheid na. Maar dit is beslis nie altyd ernstige sake nie, veral as dit (Phill)osofie is nie! Neem nou maar die filosofie van realiteit: Waarom wil die verkeerdste mense altyd heel eerste moeilike en avontuurlustige dinge aanpak? Watter diepe oortuiging laat hulle ooit dink hulle kan? En hoe staar mens dan die realiteit in die oë om beserings en die o, so groot vernedering te vermy?

Phillru beantwoord die vrae wat mense soms te bang is om te vra, en hy doen dit deur skreeusnaakse stories uit sy persoonlike ervaring. Vanselfsprekend word albei kante van elke saak filosofies beskou, en daar word saam met die gehoor konsensus bereik oor dié filsofiese vrae.

Die gehoor word genooi om deel te neem, want het Phillru altyd die regte antwoord? Wie kan dié skerpsketser die filosofiese ore aansit?

Jy sal skaterlag, en dalk heelwat slimmer word tydens dié (Phill)losofiekomedie!

Scroll to Top