Parade

Die kleurvolle Innibos Kuns-in-beweging-parade sal vanjaar weer die strate van Mbombela inkleur as deel van die amptelike opening van die fees. Met byna 600 deelnemers sal pragtige vlotte en reuse marionette ook deel wees van die opwindende parade. Die Innibos Kuns-in-beweging-parade sal Woensdag 26 Junie vanaf 10:00 deur die dorp beweeg. Die beste plek om die parade te besigtig is Sonpark Sentrum (Piet Retiefstraat).

 

Het jy al ingeteken vir die Tjirp, Innibos se amptelike nuusbrief?