Innibos

My Vrou se Man se Vrou

Toneel: Klug

Naam van produksie: My Vrou se Man se Vrou

Met Phillru van Achterbergh, Botha Enslin, Marissa Claasen, Danielle Britz, Stefan Vermaak, Thiart Li en Etienne du Plessis

Teks: Ray Cooney

Regie: Frans Swart

Vertaler: Peet van Rensburg

Gradering: Geen o/13 (Ouerbegeleiding)

Datum en tyd: Do 29 Jun 18:00; Vr 30 Jun 11:00; Sa 1 Jul 10:00

Venue: Laeveld Laerskool

Tydsduur: 135 minute, pouse ingesluit

Prys: R200

Die skreeusnaaksste klug van alle tye, My Vrou se Man se Vrou, is terug! Die oorspronklike stuk, Run for your Wife, hou die rekord vir die langs-lopende klug op Londen se Wes-einde en het ook rekords in Suid-Afrika laat spat. Die hoofkarakter is John Smith, ’n Londense taxi-bestuurder wat saam met sy vrou Mary in Highgate woon … en ook met sy vrou Barbara in Finchley, net vier minute uitmekaar. Natuurlik is die twee mevroue Smith salig onbewus van mekaar se bestaan, aangesien John sy ongereelde werksure gebruik as ’n verskoning om sy dubbele lewe weg te steek. Maar ’n ongeluk en ’n verkeerde adres veroorsaak ’n kettingreaksie en John moet bontstaan om te keer dat sy geheim op die lappe kom! En om sake te vererger, moet hy sy nuuskierige bure, ’n vasberade joernalis en twee agterdogtige polisiemanne ontduik! Die twee hoofrolle word deur Phillru van Achterbergh en Botha Enslin vertolk, ongetwyfeld twee van Suid-Afrika se beste komiese akteurs. Voeg daarby name soos Marissa Claassen, Danielle Britz, Thiart Li, Stefan Vermaak en Etienne du Plessis, en jy het ’n trefferproduksie op hande.

Die trapsitplekrye by Laeveld Laerskool is met trots geborg deur Mpumalanga Scaffolding.

Scroll to Top