fbpx

Innibos

Mirakel

Toneel: Drama-komedie

Naam van produksie: Mirakel

Met Dawid Minnaar, Bettie Kemp, Rolanda Marais, Edwin van der Walt, Carla Smith en Eben Genis

Teks: Reza de Wet

Regie en ontwerp: Marthinus Basson

Verhoogbestuurder en beligtingsontwerp: Nicolaas de Jongh

Assistent-verhoogbestuurder: Philip Theron

Gradering: Geen o/12 (Vooroordeel, Diviniteit)

Datum en tyd: Do 29 Jun 11:00; Vr 30 Jun 18:00; Sa 1 Jul 10:00

Venue: Mbombela Stadsteater

Tydsduur: 130 min (pouse ingesluit)

Prys: R190

Vervaardiger: KKNK

’n Feesteforum-produksie, moontlik gemaak deur NATi

Dis 1938. Met die Depressie sukkel mense om te oorleef. ’n Teatergeselskap onder die leiding van die befaamde akteur Dante du Pré bevind hulle in ’n klein dorpie in die hoop om ’n bietjie verligting te bring met ’n opvoering en sodoende die baie leë geldkoffer weer ’n bietjie aan te vul. Maar een van die spelers, die jong Abel, kom oorspronklik van die dorp en is steeds getroud met die stinkryk en heelwat ouer, Anna. Maar sy liewe Lenie verwag nou sy kind. Dan daag Anna op met ’n mandjie vol kos en die verhongerde geselskap moet begin kies tussen oorlewing en verraad, idealisme en realiteit. Hierdie bittersoet komedie uit die pen van die magiese Reza de Wet is nog steeds net so vars en in gesprek met ons huidige realiteit ná Covid-19 en ’n steeds tuimelende ekonomie.

 

Scroll to Top