Toneel: Dramedie
Naam van produksie: Magda Louw.
Met Desire Gardner
Teks: Desire Gardner
Regie: Hannes van Wyk
Gradering: Geen o/14 (Ouerbegeleiding)
Datum en tyd: Do 29 Jun 18:00; Vr 30 Jun 10:00; Sa 1 Jul 10:00
Venue: Nelspruit Laerskool
Tydsduur: 60 minute
Prys: R180
ʼn Ko-produksie tussen Innibos, Suidoosterfees en Aardklop.
Magda Louw bevind haarself in haar herfsjare op nasionale televisie en skielik is sy nie net meer die tannie in die straat nie, maar die tannie in mense se sitkamers, en nou ook die tannie op die verhoog. Wat sal sy tog kwytraak as die mikrofoon in haar hand geplaas word? Sal sy die wysheid kan deel wat sy deur die jare opgedoen het, sonder om te veel gal te braak oor die wreedheid van oudword? Wat is haar siening oor sosiale media, gewig, die plooie oor haar décolleté, reis en sommer rys ook? Sal sy die paar kilo’s kan afskud voor haar optrede en belangrikste van alles, hoe de hel gaan sy al haar woorde onthou?
Die trapsitplekrye by Nelspruit Laerskool is met trots geborg deur Mpumalanga Scaffolding.