Toneel: Komedie
Naam van produksie: Laerskool Noord
Met Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie en Neels Coetzee
Regie: Gideon Lombard
Tegniese regie: Jeanne Steenkamp
Vervaardigers: Margit Meyer-Rödenbeck en Marion Holm
Gradering: Geen o/13
Datum en tyd: Do 29 Jun 10:00; Vr 30 Jun 18:00; Sa 1 Jul 14:00
Venue: Nelspruit Laerskool
Tydsduur: 75 minute
Prys: R190
’n Ko-produksie van die Vrystaat Kunstefees en Aardklop, ondersteun deur NATi
Laerskool Noord se leuse is Kyk noord en stoot voort, maar in hierdie lekkerlag-produksie is dit alles behalwe die geval. Drie onderwyseresse beplan ’n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede. Tussendeur die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreeslose fluitjie, Bets du Preez se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans, en die sorglose Marietjie wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper met haar glitter stickers en sticky notes, is hierdie personeelkamer ’n tikkende tydbom. Nou wag almal net vir die aankondiging oor wie die nuwe hoof van Laerskool Noord gaan wees. Laerskool Noord is ’n komiese kykie na wat werklik agter die swartbord gebeur. ʼn Lokettreffer by talle feeste – moet dit nie misloop nie!
Die trapsitplekrye by Nelspruit Laerskool is met trots geborg deur Mpumalanga Scaffolding.