Ander uitstallings

Uitstallings

Verskeie uitstallings deur kunstenaars soos Wendy Malan, Tanisha Bhano en Griet van der Meulen se werke is vanjaar by Innibos te sien. Die enigmatiese Willem Boshoff is dié jaar se feeskunstenaar. Hy is tans  besig met ‘n spesiale uitstalling vir die fees en gaan ook ‘n installasiekunswerk by die botaniese tuine uitstal.

Hou die webwerf dop vir verdere inligting.

 

Kunstekronkel

Die Innibos Kunstekronkel neem vanjaar ‘n heel nuwe gedaante aan. Dit is ‘n vierdag kuns, kos, argitektuur en kultuurkronkel wat vanaf Johannesburg vertrek en via Innibos na Maputo gaan.

Hou hierdie ruimte dop vir meer inligting. Besprekings vir die toer sal 1 Maart open.